Spoed Kamera's in Pretoria Hierdie inligting is nie meer op datum nie.

As jy inligting het oor kamera's wat nie op die lys voorkom nie, wees assbelief so gaaf om dit per e-pos aan my te stuur. -- me@carlswart.co.za

NUUT !!
Op die N1 Noord is daar mos reeds 'n kamera net na die John Vorster
afrit...moet nie te vinnig versnel na die afrit nie. Omtrent 1 km
daarna...net voor die volgende brug oor die N1 is daar nou nog 'n kamera.
Dit is vanoggend geinstalleer. (13 Februarie 2001)
Die kamera is gecamo, so jy sal hom nie sien nie

  1. N1 Suid - ongeveer 1 km na die R21 kruising - SPOED
  2. N1 Noord - ongeveer 1 km na die John Vorster afrit (Centurion) - SPOED
  3. R21 (Nelson Mandela Rylaan) op pad na die Fonteine sirkel - eerste robot (voor Monument Park) in die 80km/h sone. - SPOED + ROOI LIG
  4. R21 (Nelson Mandela Rylaan) op pad na die Fonteine sirkel - tweede robot (voor Monument Park) in die 80km/h sone. - SPOED + ROOI LIG
  5. Botha laan (vanaf stad na Centurion) - eerste robot na Fonteine dal - SPOED + ROOI LIG
  6. Gerhardt straat (vanaf Centurion Sentrum oor bult by NG kerk verby na Rooihuiskraal) - 1ste robot na brug - SPOED + ?
  7. Lyttleton weg (vanaf Wierdapark na Centurion - word Jeanlaan) - 1ste robot na R101 (Ou Jhb pad) - SPOED + ROOI LIG
  8. Potgieterstraat - vanaf R28 in Pretoria in vanaf Suide - 1ste robot nadat snelweg ge-eindig het. - SPOED + ROOI LIG
  9. Pretriusstraat - Vanaf N4 in Pretoria in vanaf ooste - tussen McDonalds en Holiday In - SPOED
  10. N1 Noord onder Atterbury brug. Hy is egter nie permanent aan nie.
  11. Mears straat - as jy SunnySide inkom vanaf fonteine - ROOI LIG + SPOED?
  12. Flowerstraat (Capital Park) - tussen Voortrekker en Paul Kruger - SPOED
  13. Flowerstraat (Capital Park) - tussen 2de en 3de Laan - SPOED
  14. Troustraat (Capital Park) - soos bo ook tussen Voortrekker en Paul Kruger? - SPOED
  15. Troustraat (Capital Park) - soos bo ook tussen 2de en 3de Laan? - SPOED
  16. Stormvoël rigting oos tussen Harvey Muller sirkel en die N1 - ROOI LIG
NS. As die lysie nie gehelp het nie - en jy het al 'n kaartjie gekry, kan jy by http://www.startrap.com na jou foto gaan kyk.

Home