Die Bestuurder Trust Bank
WELKOM

Waarde Heer
U brief met 'n 2c seel het vandag hier aangekom. Ek en my seun het groot
plesier daaruit geput, behalwe dat die brief alles wat voorafgegaan het
gedagtes teruggebring het.

Ten eerste in 1945 het ek 'n saagmeule op skuld gekoop. Ten tweede in 1955
het ek 'n span perde, 2 ponies, 'n ossewa, 'n 2-loop haelgeweer en twee maer
varke gekoop, alles op skuld. In 1956 het die verdomde meule op die grond
afgebrand. Een van die ponies het gevrek en die ander een het ek aan 'n
onnosele wetter geleen wat hom laat vrek het van die honger. Toe sluit ek by
die kerk aan.

In 1957 is my Pa dood en my broer opgehang omdat hy 'n pensioenaris verkrag
het. 'n Boemelaar het my dogter op die paal gesit en ek moes die bliksem 'n
Rand betaal om nie 'n familielid te word nie. In 1958 het my een seun
pampoentjies gekry wat toe afgesak het na sy knaters en hy moes kapater word
om sy lewe te red. Later het ons gaan visvang toe die bleddie boot omdonner
en my twee seuns met die heel balasse verdrink.

In 1959 loop my vrou weg met 'n skaapskeerder wat my 'n tweeling as
aandenking laat. Ek huur toe 'n huishoudster en trou haar later om geld te
spaar. Ek het nou 'n helse job om haar op die paal te kry. My dokter se toe
vir my om haar skrik te maak op die fyn draai. Daardie aand vat ek my geweer
saam bed toe. Toe ek dink die tyd is nou reg, leun ek by die bed uit en trek
'n skoot deur die venster af. Die gevolg is my vrou het in die bed gekak en
ek het 'n breuk opgedoen. My beste koei wat buite gestaan het, is in haar
moer.

In 1960 het 'n vuilgat my stoet bul se eiers uitgesny en toe was ek so die
donder in dat ek begin drink het. Hiermee het ek aangehou tot ek net 'n
armhorlosie en 'n swak blaas oorgehou het. Om die horlosie op te wen en te
pis het my 'n tydjie gehou. 'n Paar jaar later het ek moed geskep om 'n
misstrooier, 'n naalmasjien en 'n koei gekoop - alles op skuld. Toe kom 'n
vloed en spoel die fokken spul weg en ek was nie verseker nie en was alweer
in my donner. My vrou kry toe vuilsiekte van 'n verkoopsman en 'n ander seun
van my (nie die een sonder ballas nie) vee sy gat af met 'n giftige haasvel
en vrek toe van ontsteking van sy hol. Jy kan dus my verbasing voorstel toe
ek lees dat julle vir my moeilikheid gaan maak as ek nie binne 7 dae my
rekening op datum bring nie.

As jy van enige moeilikheid kan dink wat ek nog nie gehad het nie, sal ek
waardeer om daarvan te hore te kom. Om geld uit my te probeer kry is soos om
te probeer botter met 'n rooiwarm naald in 'n ystervark se hol te stop. Ek
hoop dat 'n storm muishondstront oor jul trek en daardie bliksems in jou
kantoor wat my die brief gestuur het, vrek. Dienswillig

J.A. SWANEPOEL

Home